Thursday, March 4, 2010

Reggie Mitchell lewe vir Christus


Reginald Mitchell is tans die Voorsitter van VCSV (Verenigende Christelike Studentevereniging) in die Wes-Kaap. Hy is gebore in Uniondale en het sy lewe op die ouderdom van 12 aan die Here toegewy tydens 'n besoek van die Betel Pelgrim susters op die dorp. Hy is vir die afgelope 16 jaar betrokke in verskeie leierskap posisies by die VCSV vanaf streeksvlak tot op nasionale vlak. Reggie is 'n fantastiese mens en bied ook Bybelstudies en leierskapsprogramme aan by die VCSV Nasionale Kamp, asook by streekskampe in sy werksgebied. Hy is adjunk-hoof by Franken VGK Primere Skool in die Langkloof. Reggie is getroud met Mandy en het twee kinders genaamd David en Dawnique. Vir hom is die lewe Christus.

No comments:

Post a Comment